Sjabloon:Het u geweet
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
... dat 'n lid van die Britse koningshuis in Suid-Afrika gesterf het? Prins Christian Victor van Sleeswyk-Holstein het tydens die Anglo-Boereoorlog op 29 Oktober 1900 in Pretoria aan maagkoors gesterf.
... dat Winston Churchill 'n krygsgevangene in Suid-Afrika was? Tydens die Anglo-Boere Oorlog is hy in Natal deur boeremagte gevang. Op 12 Desember 1899 ontsnap hy uit die Staatsmodelschool waar hy aangehou is en vlug te voet en per trein na Lourenço Marques.

